RSS

Monthly Archives: September 2012

TIME FOR ESTATE DUTY TO GO?

The days of estate duty may be numbered according to Nicolene Schoeman of Schoeman Attorneys and an article by Barry Ger, Cape Town-based tax consultant, in the May issue of De Rebus, the SA attorneys’ journal published by the Law Society of South Africa (LSSA). His opinion is echoed by several other media reports. In fact, many people’s hopes that this tax was finally on its way out rose significantly during this year’s budget speech.

Estate duty: brief background

Imposed in terms of the Estate Duty Act 45 of 1955 as amended, estate duty is a tax levied at 20%. It is payable in respect of all property (and property deemed to be property) held by a deceased person at the date of his or her death.

In respect of property deemed to be property, the law denotes that even property not actually held by the deceased at death – in other words: some insurance policies – are also deemed to be included in his or her estate as part of the dutiable amount on which the tax is raised.

The tax is subject to a R3 500 000.00 exemption or abatement, which can be increased to R7 000 000.00 if the deceased person was predeceased by a spouse who did not use their abatement.

Ironically, writes Ger, wealthy people are reluctant to pay this tax even with their substantial means. They often engage in expensive and elaborate ownership structures to avoid it. As a result, estate duty contributes a relatively small amount of revenue to the fiscus through SARS and the costs involved in collecting estate duty are high.

Ger also states that he thinks this is the reason behind proposals to abolish the tax. Estate duty presents a number of other problems. For example:

  • Assets owned by a deceased person in an offshore jurisdiction could be subject to local estate duty as well as any other duty imposed in the foreign country
  • Assets that form part of the dutiable estate compromise income or assets already subjected to income tax during the deceased person’s lifetime
  • Worst of all, estate duty overlaps in many ways with capital gains tax (CGT).

For these reasons, the fiscus is considering a new inheritance tax that is common to some other jurisdictions. Alternatively, it will make certain amendments to the CGT provisions. These are still rather unclear and, at this point, amount to little more than speculation.

Therefore, clients are urged to consult suitably qualified attorneys for advice on appropriate estate planning strategies and updates on any relevant developments.

Please take note that it is of the utmost importance that any estate planning strategy is implemented with a legally valid and updated will.

 
Leave a comment

Posted by on 07/09/2012 in Content

 

Tags: , , , , , , ,

DIE IMPAK VAN KAPITAALWINSBELASTING BY JOU DOOD

In hierdie artikel werp BGR Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA) lig op die onderwerp van die impak wat kapitaalwinsbelasting ten tyde van jou dood kan hê.

Kapitaalwinsbelasting is op 1 Oktober 2001 inwerking gestel, maar is steeds redelik nuut en vreemd vir baie mense, veral as dit kom by boedels en boedelbeplanning.  Wanneer ‘n persoon te sterwe kom ontstaan daar twee belasting-entiteite vir die doeleindes van kapitaalwinsbelasting: Die oorledene en ook sy boedel.

Kapitaalwinsbelasting word gehef op die groei in waarde van ‘n bate in die hande van die oorledene, met ander woorde die billike markwaarde van die bate soos op datum van afsterwe minus die koste waarteen die oorledene die bate verkry het.  Wanneer ‘n persoon dus te sterwe kom, word dit beskou dat ‘n geagte vervreemding van al sy bates op datum van sy afsterwe plaasgevind het en word die berekeninge gedoen asof die bates ‘n dag voor datum van afsterwe by implikasie verkoop is.  Alle uitsluitings waarop die oorledene gedurende sy leeftyd geregtig sou wees is egter steeds beskikbaar aan die boedel.

Soos in die geval van boedelbelasting sal ‘n bemaking aan ‘n nagelate gade egter nie in ag geneem word vir die berekening van kapitaalwins nie, aangesien dit beskou word as ‘n sogenaamde “roll over”.  Die kapitaalwins sal dan eers in die boedel van die nagelate gade bereken word.  Dit is egter belangrik om kennis te neem dat in so geval sal die aanvanklike waarde waarteen die eiendom verkry is in die langslewende se boedel as basiskoste geld en nie die waarde waarteen die “roll over” in die eerssterwende se boedel plaasgevind het nie.

In die geval van primêre eiendom, kwalifiseer die boedel ook vir die R2 miljoen korting wat op primêre eiendom van toepassing is.  Die omskrywing van ‘n primêre woning is ‘n woning waarin ‘n natuurlike persoon of ‘n spesiale trust ‘n belang hou en wat die natuurlike persoon of ‘n begunstigde van die spesiale trust of die gade van die persoon of begunstigde normaalweg in woonagtig is of was as sy of haar eerste woning en hoofsaaklik vir huishoudelike doeleindes gebruik het.

Belang beteken, onder andere, ‘n gebruiksreg of bewoningsreg. Derhalwe is die lewensreg in ‘n aftree-oord ‘n bewoningsreg en sal dit dus ook onderworpe wees aan Kapitaalwinsbelasting, maar sal ook kwalifiseer vir die korting wat op Primêre eiendom van toepassing is.

Verder kwalifiseer die boedel ook vir ‘n jaarlikse korting van R300 000-00 in die jaar van afsterwe.

Bestorwe boedels is dus onderhewig aan Kapitaalwinsbelasting. By afsterwe word die eiendom teen markwaarde waardeer en dit word dan geag die verkoopwaarde van die eiendom te wees. Met die instelling van Kapitaalwinsbelasting het die Minister van Finansies die boedelbelastingkoers vanaf 25% tot 20% verlaag om waarskynlik voorsiening te maak vir die ekstra las van Kapitaalwinsbelasting.  Verder is die korting op Kapitaalwinsbelasting in die jaar van afsterwe R300 000-00 en nie die normale R30 000-00 wat vir individue geld nie.  Die interaksie tussen KWB en boedelbelasting kan met die volgende voorbeelde verduidelik word:

Oom Koos is ‘n wewenaar wat met geen skuld te sterwe kom, maar hy besit ‘n woonhuis ter waarde van R1,8 Miljoen, ‘n voertuig ter waarde van R160 000-00, meubels en huishoudelike goedere ter waarde van R200 000-00 en ‘n strandhuis ter waarde van R1,5 Miljoen, wat hy destyds vir R700 000-00 gekoop het.  Sy inkomstebelastingkoers in die jaar van afsterwe is 30%.  Die primêre woonhuis, die motorvoertuig asook meubels en huishoudelike goedere is vrygestel van Kapitaalwinsbelasting.  Die strandhuis is wel onderhewig aan Kapitaalwinsbelasting, wat soos volg bereken word:

Waarde op sterfdatum: R1,5 Mijoen Minus basiskoste: R700 000-00 = R800 000-00
Minus Kapitaalwinsbelasting-korting in jaar van afsterwe R300 000-00 = Kapitale wins R500 000-00 Belasbare gedeelte (33,3%): R166 500-00

Die bedrag van R166 500-00 word nou by Oom Koos se normale belasbare inkomste getel en teen 30% (sy inkomstebelastingkoers) belas.

Die belasting daarop is ±R50 000-00.

Sy boedel se boedelbelasting word soos volg bereken:
Woonhuis: R1,8 Miljoen
Voertuig: R160 000-00
Meubels en huishoudelike goedere: R200 000-00
Strandhuis: R1,5 Miljoen
Totale bates R3 660 000-00
Minus laste (Inkomstebelasting) R50 000-00
Netto waarde van boedel R3 610 000-00
Minus boedelkorting R3 500 000-00 = Belasbare gedeelte van boedel R110 000-00 Sy boedel se boedelbelasting teen 20% op die belasbare deel van die boedel is R22 000-00.

Sy boedel betaal in totaal dus ongeveer R72 000-00 aan die Ontvanger.  Dit is duidelik dat dit nie werklik belasting op belasting is soos baie mense redeneer nie, maar eerder twee verskillende belastings.

Dit is dus uiters belangrik om deeglike boedelbeplanning te doen ten einde te verseker dat jou boedel in die gunstigste posisie verkeer m.b.t. Kapitaalwins- en Boedelbelasting wat betaalbaar mag wees.

 
1 Comment

Posted by on 07/09/2012 in Content

 
 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 45 other followers